Nguni Kudde.
Nguni kudde
skuif stil soos geeste
oor die aarde se gesig.
Terug en terug
geslag op geslag,
deur Afrika se geskiedenis
lê ‘n verbintenis
tussen mens en bees.
Gereken met eer en trots
as rykdom.
Dit weerspieël ‘n ewige
gevorm en ontbind van patrone.
Saam gesmelt met skaduwees en son,
modder klippertjies,
rotse en korreltjies sand.
In die stilte van hitte,
onder doringboom se takke,
langs water kuile en kranse,
weerkaats die klanke van eeue
se gebulk en geblaas van beeste
en geroep van stemme,
deur ‘n wasem stof.
Uitgestrek oor berge en vlaktes,
lê die spoor van bees en mens.
Hul gemerkde velle en grafte,
die ewige tekens van tydelike besit,
is alleen en verlate,
verloor, verokkel in die veld
en vergete.
Nou staan ons in hierdie tyd en plek
te bewonder,
Nguni bees se lang verlede,
sy onskuld en geduld,
sy kolle vlekke en horing patrone
en intieme familie gesprek.
Onthou die oue bande,
maar maak los vandag se toom
om saam te dwaal in gedagtes
om saam te droom.
Contact Margaret Epstein
Cell: 072 417 1033
Email: cmepstein@worldonline.co.za |




|
Nguni Herds
Translated into English by Margaret Epstein
Nguni herds
Shift silently as spirits.
Across the face of the earth.
Back and back they go,
generation upon generation
through Africa’s history,
forming a bond between man and beast.
Reckoned in honour,
pride and wealth.
To reflect an eternal
forming and dissolving pattern
of shadows and sunlight,
mud, pebbles, rocks
and grains of sand.
In the silence of heat,
under thorn tree branches,
alongside pools of water and cliffs,
across centuries,
the sounds of bellows,
the blowing of cattle breath
and voices calling,
echo through a haze of dust.
Spoor of cattle and men
lie stretched out over plains
and mountains.
Their marked skins and graves,
eternal signs of temporary ownership,
are alone and deserted,
lost, disintegrated in the veld,
forgotten.
Now we stand,
in this time and place,
to admire Nguni Cattle, their distant past,
innocence and patience,
patterns of spots, horns, blemishes
and intimate family conversations.
Remember the old links,
but loosen the bridle
of today’s constraints.
Free your thoughts to wander with us,
to dream. |